Scottburgh
Scottburgh is 'n kusdorp in die ooste van Suid-Afrika, in die provinsie KwaZulu-Natal. Die dorp lê 58 km suid van Durban en het volgens die 2011-sensus 'n bevolking van 11 403 gehad.[2] Die dorp is een van die gewildste vakansieoorde aan die suidkus van KwaZulu-Natal.
Scottburgh | |
---|---|
Scottburgh se strand | |
Koördinate: 30°17′S 30°45′O / 30.283°S 30.750°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Ugu |
Munisipaliteit | uMdoni |
Stigting | 1860[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,80 km2 (9,19 vk. myl) |
Hoogte | 19 m (62 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 11 403 |
• Digtheid | 479/km2 (1 240/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 46.8% |
• Indiërs/Asiërs | 22.0% |
• Bruin mense | 3.0% |
• Swart mense | 27.7% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 68.0% |
• Zoeloe | 16.0% |
• Afrikaans | 11.2% |
• Xhosa | 2.1% |
• Ander | 3.8% |
Poskode (strate) | 4180 |
Skakelkode | 039 |
Webwerf | www.scottburgh.co.za |
Geskiedenis
wysigScottburgh is in 1860 opgemeet as die eerste nedersetting suid van Durban, en is vernoem na John Scott, 'n goewerneur van Natal. Dit het in 1945 'n dorp geword en in 1964 munisipale status verkry. Die spoorlyn vanaf Durban het die dorp teen die einde van die 19de eeu bereik.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 11 November 2015.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "Hoofplek Scottburgh". Sensus 2011.
Bronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.