Benjamin Pine
Sir Benjamin Chilley Campbell Pine (1809 of 1813-1891) was 'n luitenant-goewerneur van Natal. Hy is in 1813 in Devonshire, Engeland, gebore. Hy studeer aan die Trinity College, Cambridge, en word in 1841 tot die balie toegelaat. Die volgende jaar sluit hy by die Koloniale Diens van Sierra Leone aan en word in 1848 tot goewerneur bevorder. In 1849 word hy na Natal verplaas as luitenant-goewerneur waar hy tot 1856 bly en baie gewild was. Na verdere diens in die Goudkus, die Wes-Indiese Eilande en Wes-Australië word hy in 1873 as luitenant-goewerneur van Natal aangestel. Hy bly daar tot in 1875, toe hy aftree as gevolg van die Langalibalele-rebellie. Hy het die artikel "African Colonies" in die Encyclopedia Britannica beskryf. Hy is in 1891 oorlede.
Benjamin Pine | |
Luitenant-goewerneur van Natal
| |
Ampstermyn 1850 – 1855 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | Martin West |
Opgevolg deur | John Scott |
Goewerneur van die Goudkus
| |
Ampstermyn 1857 – 1858 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Henry Connor |
Opgevolg deur | Henry Bird |
Luitenant-goewerneur van St. Christopher
| |
Ampstermyn 1860 – 1866 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Hercules Robinson |
Opgevolg deur | James George Mackenzie |
Goewerneur van Wes-Australië
| |
Ampstermyn 1868 – 1869 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | John Hampton |
Opgevolg deur | Frederick Weld |
Goewerneur van Antigua
| |
Ampstermyn 1869 – 1871 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Steven John Hill |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Goewerneur van die Benedewindse Eilande
| |
Ampstermyn 1871 – 1873 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | James Leith |
Opgevolg deur | Henry Turner Irving |
Luitenant-goewerneur van Natal
| |
Ampstermyn 1873 – 1875 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Thomas Miles |
Opgevolg deur | Garnet Wolseley |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1809 Devonshire, Engeland |
Sterf | 1891 |
Alma mater | Trinity College |
Pinetown in KwaZulu-Natal is na hom genoem.