John Tweed
John Tweed (1869 – 1933) was 'n Skotse beeldhouer en is in 1869 in Glasgow gebore. Sy beroemde beeld van Jan van Riebeeck (Jan van Riebeeck-standbeeld) is in 1900 aan die onderpunt van Adderleystraat in Kaapstad opgerig as 'n geskenk van Cecil John Rhodes. Later het Tweed die beeld van Rhodes in Bulawayo geskep, asook ander van hom in Salisbury en Mafeking. Hy was ook die skepper van die beeld van Alfred Beit in Salisbury.
John Tweed | |
---|---|
Gebore | Glasgow, Skotland | 21 Januarie 1869
Sterf | 12 November 1933 (op 64) |
Nasionaliteit | Skotland |
Veld | Beeldhouwerk |
Opleiding | Glasgow School of Art |
Bron
wysig- Langham-Carter, R.R.: John Tweed. Sculptor-in-ordinary to South Africa. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuuur. Jaargang 28, nr. 3, Augustus 1979
- Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie John Tweed.