KV52 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Uitgrawings is in 1906 deur Edward R. Ayrton gedoen. Saam met KV50 en KV51 vorm dit 'n groep bekend as die "Dieregrafte". Dit bevat die mummie van 'n aap en hou moontlik verband met die nabygeleë grafkelder van Amenhotep II (KV35).[1]

KV52
Die begraafplek van diere
Die plan van KV52.
Die plan van KV52.
Ligging Vallei van die Konings
Land Vlag van Egipte Egipte
Ontdek Januarie 1906
Uitgrawings deur Edward R. Ayrton
← Vorige
KV51
Volgende →
KV53

Ligging en inhoud

wysig

Die grafkelder lê naby KV49, in die syvallei wat na KV35 lei. KV52 was die derde van 'n groep van drie grafkelders wat deur Edward R. Ayrton ontdek is in sy uitgrawings van dié deel van die vallei namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Die ingang was onder 'n hoop afval begrawe.[2]

Die grafkelder bestaan uit 'n skag en 'n kamer. Dit was "heeltemal leeg buiten twee bokse, waarvan die een amper twee keer so groot soos die ander was."[2] In die groter boks was die mummie van 'n aap, wat oop tussen sy toedraailappe gelê het. Die kleiner een was 'n kis met plek vir vier begrafnisflesse.[2][3]

Onlangse uitgrawings

wysig

Uitgrawings het in 2009-'10 weer in die gebied plaasgevind deur 'n span onder Zahi Hawass en Ahmed el-Leithy in 'n poging om KV50, KV51, KV52 en KV53 weer op te spoor. In dié uitgrawings is erdewerk, werktuie en fragmente van erdewerk uit die 18de Dinastie ontdek. Dit bevat onder meer 'n skets van 'n sittende koningin, sekstonele met vroue en diere, en cartouches van Ramses II.[4]

Verwysings

wysig
  1. "Theban Mapping Project: KV52". Besoek op 15 April 2021.
  2. 2,0 2,1 2,2 Davis, Theodore M.; Maspero, Gaston; Ayrton, Edward; Daressy, George; Jones, E. Harold (1908). The Tomb of Siptah; The Monkey Tomb and the Gold Tomb. Londen: Archibald Constable and Co., Ltd. pp. 17–18. Besoek op 15 Augustus 2021.
  3. Reeves, Nicholas; Wilkinson, Richard H. (1996). The Complete Valley of the Kings: Tombs and Treasures of Egypt's Greatest Pharaohs (2010-sagteband uitg.). Londen: Thames and Hudson. p. 185. ISBN 978-0-500-28403-2.
  4. Spencer, Patricia (Autumn 2010). "Digging Diary 2009–10". Egyptian Archaeology (in Engels). 37: 26. Besoek op 17 September 2021.

Skakels

wysig