18de Dinastie van Egipte
Die 18de Dinastie (ook Dinastie XVIII geskryf;[1] 1543–1292 v.C.) is waarskynlik die bekendste van al die dinastieë van Antieke Egipte. Dit het van die bekendste farao's gehad, onder andere Toetankamen, wie se graf in 1922 deur Howard Carter ontdek is en wêreldwyd ’n sensasie veroorsaak het.
Ander bekende farao's sluit in Hatsjepsoet (1479–1458 v.C.), die langs regerende vroulike farao van ’n plaaslike dinastie, Achenaten (1353–1336 v.C.), die "heidense" farao, en sy koningin, Nefertiti.
Die 18de Dinastie word dikwels saam met die 19de en die 20ste Dinastie beskou as die Nuwe Ryk.
Heersers
wysigDie farao's van die 18de Dinastie het sowat 250 jaar lank regeer (omstreeks 1543–1292 v.C.). Die bekendstes was:[2]
Farao | Troonnaam | Bewind | Graftombe | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ahmoses I | Nebpehtire | 1549–1524 v.C | |||||||||||||||||
Amenhotep I | Djeserkare | 1524–1503 v.C. | KV39? | ||||||||||||||||
Toetmoses I | Acheperkare | 1503–1493 v.C. | KV20, KV38 | ||||||||||||||||
Toetmoses II | Acheperenre | 1493–1479 v.C. | KV42? | ||||||||||||||||
Hatsjepsoet | Maatkare | 1479–1458 v.C. | KV20 | ||||||||||||||||
Toetmoses III | Mencheperre | 1479–1425 v.C. | KV34 | ||||||||||||||||
Amenhotep II | Acheperoere | 1425–1398 v.C. | KV35 | ||||||||||||||||
Toetmoses IV | Mencheperoere | 1398–1388 v.C. | KV43 | ||||||||||||||||
Amenhotep III | Nebmaatre | 1388–1350 v.C. | KV22 | ||||||||||||||||
Amenhotep IV / Achenaten | Neferkepherure-Waenre | 1351–1334 v.C. | Graftome van Achenaten | ||||||||||||||||
Smenchkare | Anchcheperoere | 1335–1334 v.C. | |||||||||||||||||
Neferneferoeaten | Anchcheperoere | 1334–1332 v.C. | |||||||||||||||||
Toetankamen | Nebcheperoere | 1332–1323 v.C. | KV62 | ||||||||||||||||
Ai | Chepercheperoere | 1323–1319 v.C. | KV23 | ||||||||||||||||
Horemheb | Djesercheperoere-Setepenre | 1319–1292 v.C. | KV57 |
Tydlyn
wysigVerwysings
wysig- ↑ Kuhrt, Amélie (1995). The Ancient Near East: c. 3000–330 BC. Londen: Routledge. ISBN 978-0-415-01353-6.
- ↑ Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, Londen 2004
Eksterne skakels
wysig- "Hatshepsut: from Queen to Pharaoh, an exhibition catalog from The Metropolitan Museum of Art" (aanlyn beskikbaar as pdf)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 18de Dinastie van Egipte.
Voorafgegaan deur ← 17de Dinastie |
18de Dinastie | Opgevolg deur 19de Dinastie → |