Toetmoses I
Toetmoses I (ook bekend as Thutmose of Tethmosis) was die derde farao van die 18de Dinastie van Antieke Egipte. Hy was die bekendste onder sy geboortenaam, Toetmoses, wat beteken "gebore uit Thoth", maar hy is dikwels ook op sy troonnaam genoem: Aächeperkare, "groot is die siel van Ra".
Toetmoses I | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ook Thutmose, Tethmosis | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
’n Standbeeld uit die vroeë 18de Dinastie, moontlik van Toetmoses I (Britse Museum). | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 18de Dinastie | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | Omstreeks 1504-1492 v.C. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Amenhotep I | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Toetmoses II | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vader | Onseker | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toetmoses I in Egiptiese hiërogliewe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Lewe en bewind
wysigToetmoses I was die opvolger van Amenhotep I, maar nie sy seun nie. Hy het die troon gekry deur te trou met die suster van die vorige farao, ’n dogter van Ahmoses.
Die koning het ’n paar militêre ekspedisies onderneem, onder meer teen Nubië nadat dié streek teen sy gesag in opstand gekom het. Hy het die opstand onderdruk en daarna die verdedigingswerk voltooi wat onder Senoesret III begin is. In sy tweede jaar het hy ’n stele laat oprig by Tombos, waar hy forte laat bou het.
Nog ’n groot ekspedisie was na die uiteindes van sy ryk, waar hy onder meer die Eufraat oorgesteek het. Hy het ook ’n klein ekspedisie na Sirië gelei. In sy vierde jaar was daar weer ’n opstand in Nubië, wat hy weer onderduk het.
Toetmoses het baie bouwerk aangepak tydens sy bewind. Hy is die eerste koning wat vir seker in die Vallei van die Konings begrawe is. Van sy bouprojekte was die tempelkompleks by Karnak, waar hy die tempel van Amoen, ’n muur voor die sentrale heiligdom en mure om die tempelkompleks laat bou het, asook ’n dodetempel in Thebe.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Toetmoses I.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia