Kalsiumoksied
Kalsiumoksied of ongebluste kalk (CaO) is 'n belangrike grondstof wat baie toepassings het.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kalsiumoksied |
Ander name | Ongebluste kalk |
Chemiese formule | CaO |
Molêre massa | 56.08 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1305-78-8[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=481.1 pm[2] |
Ruimtegroep | Fm3m (Haliet-tipe)[2] |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 2572 °C[1] |
Kookpunt | 2850 °C[1] |
Digtheid | 3,33 (rel)[1] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Vorming
wysigOngebluste kalk word uit kalksteen (wat uit kalsiumkarbonaat bestaan) deur 'n ontbindingsreaksie by hoë temperature vervaardig.
Blusreaksie
wysigOngebluste kalk gee die gebluste vorm in 'n reaksie met water wat baie hitte vrystel.[3]
Eienskappe en gebruik
wysigOngebluste kalk is 'n korrosiewe stof wat heftig met water reageer. Dit is 'n sterk Lewis-basis. Die produksie van ongebluste kalk deur kalsinering is een van die oudste chemiese prosesse. Die eienskappe van die produk hang af van die kalsineringstemperatuur. Gewoonlik is dit ongeveer 850 °C, maar die spesifieke oppervlak van 'n produk wat by 1250 °C gekalsineer is, is laer (ong. 4 cm²/g) en by 1750 °C is die produk amper volledig gesinter met 'n relatiewe digtheid van 91-92%. Die sintering verminder die gevoeligheid vir vog.
Glas
wysigOngebluste kalk word saam met silika (sand) en natriumkarbonaat (soda) gesmelt om glas te vervaardig. Hierdie proses is ook baie oud (ongeveer 12 000 jaar).[3]
Silikate
wysig'n Ander belangrike toepassing is in die ysterproduksie. Ystererts bevat silikate. Kalsiumoksied word toegevoeg (ongeveer 40 kg per 1000 kg yster) om kalsiumsilikate te vorm. Hierdie slak is nie mengbaar met die vloeibare yster nie en kan afgetap word. Dieselfde word ook gedoen tydens aluminiumproduksie.[4]
Karbied
wysigSaam met koolstof (kooks) vorm dit kalsiumkarbied
Saam met water gee karbied etyn, wat gebruik word as grondstof vir polimere en as brandstof.[4]
Sulfate en fosfate
wysigUitlaatgasse van elektrisiteitsprodusente bevat dikwels swawel in die vorm van swaeldioksied SO2. Ongebluste kalk word gebruik om die gasse daarvan te suiwer. Dié reaksie produseer kalsiumsulfiet:[4]
Op dieselfde wyse kan fosfate uit afvalwater verwyder word:
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Science Lab MSDS" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2018. Besoek op 4 Februarie 2016.
- ↑ 2,0 2,1 Computational Chemistry of Solid Sate Materials, Richard Dronskowski, 2005, ISBN 978-3-527-31410-2
- ↑ 3,0 3,1 Ropp, R. C. (2013). Encyclopedia of the alkaline earth compounds. Oxford: Elsevier. p. 1216. ISBN 978-0-444-59553-9. OCLC 827243061.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 "Shakhashiri scifun.chem.wisc.edu" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Augustus 2015. Besoek op 5 Februarie 2016.