Kalsiumsulfied
Kalsiumsulfied in 'n sout van kalsium met waterstofsulfied met die chemiese formule CaS.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kalsiumsulfied |
Chemiese formule | CaS |
Molêre massa | 72,15 g/mol[1] |
CAS-nommer | 12015-71-3[1] |
Voorkoms | gelerig wit vastestof [2] |
Reuk | soos H2S in vogtige lug. |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=569 pm |
Ruimtegroep | Fm3m |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 2000 °C[2] |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,6 [2] |
Oplosbaarheid | effens oplosbaar[2] |
Brekingsindeks | 2,12 [2] |
ΔfHɵ | -473,21 [kJ/mol][3] |
Sɵf(s) | 56,54 [j/molK][3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigKasliumsulfied kristalliseer in die kubiese halietstruktuur.[2] (B1 in die strukturbericht-klassifikasie)
Chemiese eienskappe
wysigKalsiumsulfied is min oplosbaar in water en onoplosbaar in alkohol. Die stof is higroskopies en hidroliseer tot H2S. Dit reageer met sure om hierdie onwelriekende gas vry te stel.[2]
Vervaardiging
wysigOnder 'n inerte atmosfeer kan kalsiumsulfied uit die elemente berei word:[2]
'n Reduksie van kalsiumsulfaat met koolstof kan dit ook lewer:
Gebruike
wysigKalsiumsulfied word in fosfors, ligverf en vernis gebruik. Kalsiumsulfied word ook gebruik as 'n bymiddel vir smeermiddels en as 'n flotasiemiddel in ertsontginning.[2]