Kanadese federale verkiesing van 2008
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die 40ste Kanadese federale verkiesing (Engels: 40th Canadian General Election, Frans: 40e élection fédérale canadienne) is op 14 Oktober 2008 gehou. Altesaam 308 afgevaardigdes is tot die laerhuis van die Kanadese parlement (Engels: House of Commons, Frans: Chambre des Communes) verkies.
Agtergrond
wysigBy die federale verkiesing van 2006 het die Konserwatiewe Party van Kanada met 36,27 persent van die uitgebragte stemme die grootste party in die laerhuis geword sodat sy voorsitter Stephen Harper 'n minderheidsregering kon vorm. Sedertdien het sewe parlementslede na ander party oorgeloop: Drie afgevaardigdes van die Liberale Party het by die Konserwatiewes aangesluit, een Konserwatiewe parlementslid het na die Liberale Party oorgeloop, een afgevaardigde elk van die Bloc Québécois en die Konserwatiewe Party het hulself tot onafhanklikes verklaar, terwyl die Groen Party van Kanada sy eerste setel in die federale parlement verkry het nadat 'n Liberale parlementslid by hierdie party aangesluit het.
In Augustus 2008 het die opposisiepartye gedreig om 'n mosie van vertroue by die parlement in te dien en steeds geweier om hul steun aan wetsontwerpe van die Konserwatiewe Party te verleen.[1] Die eerste minister Stephen Harper het op 7 September 'n vroeë verkiesing afgekondig en die goewerneur-generaal van Kanada, mev. Michaëlle Jean, gevra om die parlement te ontbind..[2]
Toe die laerhuis ontbind is, was vier setels vakant. Die byverkiesings, wat in September 2008 uitgeskryf sou word, is gekanselleer.[3] Sonder die vroeë ontbinding van die parlement sou die byverkiesings tot 19 Oktober 2009 gehou moes word.
Verkiesingsuitslae
wysigParty | Partyvoorsitter | Kandi- date |
Setels in 2006 (tydens ontbinding) |
Setels in 2008 | +/- | Stemme | Aandeel % | +/- | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konserwatiewe Party van Kanada | Stephen Harper | 307 | 124 (127) | 143 | +17 | 5 205 334 | 37,64 | +1,37 | |
Liberale Party van Kanada | Stéphane Dion | 307 | 103 (95) | 76 | -27 | 3 629 990 | 26,23 | -4,00 | |
Bloc Québécois | Gilles Duceppe | 75 | 51 (48) | 50 | -1 | 1 379 565 | 9,98 | -0,50 | |
Nuwe Demokratiese Party | Jack Layton | 308 | 29 (30) | 37 | +8 | 2 517 075 | 18,19 | +0,79 | |
Groen Party | Elizabeth May | 303 | 0 (1) | 0 | - | 970 747 | 6,95 | +2,47 | |
Onafhanklikes | - | 71 | 1 (3) | 2 | +1 | 89 524 | 0,65 | - |
Verkiesingsuitslae volgens provinsies en administratiewe gebiede
wysigParty | BC | AB | SK | MB | ON | QC | NB | NS | PE | NL | NU | NT | YT | Totaal | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konserwatiewe Party | Setels: | 22 | 27 | 13 | 9 | 51 | 10 | 6 | 3 | 1 | - | 1 | - | - | 143 | |
Aandeel in %: | 44,4 | 64,6 | 53,7 | 48,8 | 39,2 | 21,7 | 39,4 | 26,1 | 36,2 | 16,5 | 34,8 | 37,6 | 32,8 | 37,6 | ||
Liberale Party | Setels: | 5 | - | 1 | 1 | 38 | 13 | 3 | 5 | 3 | 6 | - | - | 1 | 76 | |
Aandeel in %: | 19,3 | 11,4 | 14,9 | 19,1 | 33,8 | 23,7 | 32,4 | 29,8 | 47,7 | 46,6 | 29,2 | 13,6 | 45,3 | 26,2 | ||
Bloc Québécois | Setels: | 50 | 50 | |||||||||||||
Aandeel in %: | 38,1 | 10,0 | ||||||||||||||
Nuwe Demokratiese Party | Setels: | 9 | 1 | - | 4 | 17 | 1 | 1 | 2 | - | 1 | - | 1 | - | 37 | |
Aandeel in %: | 26,1 | 12,7 | 25,6 | 24,0 | 18,2 | 12,2 | 21,9 | 28,9 | 9,8 | 33,9 | 27,6 | 41,5 | 9,0 | 18,2 | ||
Onafhanklikes | Setels: | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||
Aandeel in %: | 0,9 | 6,6 | 0,7 |
Verwysings
wysig- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Kanadische Unterhauswahlen 2008
- ↑ Regeringsleier oorweeg vroeë verkiesing, Focus (Duitsland), 27 Augustus 2008
- ↑ Stephen Harper maak 'n einde aan geskil in Kanadese parlement, Tages-Anzeiger (Switserland), 7 September 2008
- ↑ Four byelections ended after general vote called Geargiveer 16 September 2008 op Wayback Machine, CTV (Kanada), 7 September 2008
- ↑ Canada votes, Canadian Broadcasting Corporation (CBC), 15 Oktober 2008
Eksterne skakels
wysig- Elections Canada
- Webwerf van die Eerste Minister
- Kanadese Parlement
- Meningspeilings op die Engelse Wikipedia