Keegan Daniel
Keegan Daniel (gebore in Humansdorp, 5 Maart 1985) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die Sharks in Superrugby speel.
| |||||
Volle naam | Keegan Rhys Daniel | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 5 Maart 1985 | ||||
Geboorteplek | Humansdorp, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,88 m | ||||
Massa | 90 kg | ||||
Skool | Dale-kollege | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank, agsteman | ||||
Springbokno. | 823 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006- | Natalse Haaie | 92 | (160) | ||
korrek soos op 28 Oktober 2012. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006- | Sharks | 92 | 70 | ||
korrek soos op 17 Mei 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2010- | Suid-Afrika | 5 | 0 | ||
korrek soos op 28 November 2012. |
Hy het sy skoolopvoeding by Gonubie Primary begin, maar is later na Dale College in King William's Town, een van Suid-Afrika se top rugbyskole.
Hy speel in 2003 vir die Grens tydens die Craven-week, maar word later deur die Natalse Rugby-akademie opgeraap.
Daniel begin in 2006 op provinsiale vlak te speel tydens die jaar se Super 14-kompetisie wat hom ook 'n plek in Suid-Afrika se onder-21 span besorg. Daniel blink uit tydens die IRR se onder-21 wêreldbeker in Frankryk waar Suid-Afrika in die eindstryd verloor. Hy word genomineer as speler van die toernooi en later aangewys as Suid-Afrika se onder-21 speler van 2006.
Sedertdien het Daniel begin om vir die Sharks op Super 14-vlak te speel. Tydens die 2008-seisoen word hy aangewys as speler-van-die wedstryd teen die Blou Bulle en die Auckland Blues (waar hy 3 drieë gedruk het). Tydens die Blues-wedstryd druk hy sy eerste drie na slegs 16 sekondes op die veld, 'n rekord op Super 14-vlak.
Eksterne skakels
wysig- Sharks spelersprofiel Geargiveer 7 Mei 2010 op Wayback Machine
- SA Rugby profiel Geargiveer 5 April 2013 op Wayback Machine
- itsrugby.co.uk profiel