Cravenweek
Die Cravenweek is 'n jaarlikse rugbytoernooi vir skoolseuns in Suid-Afrika. Die toernooi is vir die eerste keer in Julie 1964 georganiseer en is na die legendariese Springbok dr. Danie Craven genoem.[1][2][3] Die toernooi staan tans as die "Coca-Cola Cravenweek" bekend, met Coca-Cola as die hoofborg. Jong spelers gebruik die kompetisie as 'n geleentheid om 'n moontlike rugbyloopbaan los te slaan, terwyl talentsoekers dit gebruik om nuwe spelers vir hulle provinsies te identifiseer.
Cravenweek | |
' | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 1964 |
Eienaar | Suid-Afrikaanse Rugbyunie |
Inwydingseisoen | 1964 |
Deelnemende lande | Suid-Afrika |
Aantal spanne | 20 |
Mees onlangse kampioen | Westelike Provinsie (2023) |
Borg(e) | Coca-Cola |
Geskiedenis
wysigDie idee vir die toernooi kom van die Springbokflank Piet Malan in 1949, kort voor die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR) se 75ste verjaardag. Hy wou hê dat skole aan die feesvieringe deelneem en het Danie Craven in Potgietersrus om hulp genader.
Dr Craven lê die idee voor die raad, waarna besluit word om die 15 skoolunies vir 'n week bymekaar te kry. Die man wat die idee egter lewendig gehou het was Jan Preuyt, 'n voormalige student aan die Universiteit Stellenbosch en onderwyser by die Port Rex Tegniese Skool in Oos-Londen. Preuyt het vir Griekwaland-Wes rugby gespeel en was ook die voorsitter van die Grens Skole.
Op daai stadium was daar nie 'n Suid-Afrikaanse Skoleorganisasie nie en die Suid-Afrikaanse Rugbyraad was ook nie by skolerugby betrokke nie. Preuyt en Grens Skole sit daad by woord en reël die eerste Cravenweek-toernooi op hul eie inisiatief.
Die kompetisie begin met 15 spanne in 1964, groei tot 28 in 1987 en 32 in 2000. In 2001 word die formaat verander om vir 20 spanne voorsiening te maak.
Die kompetisie is sedert 1980 vir spelers van alle rasse oopgestel nadat Craven self versoek het dat dit gedoen word.
Uitslae
wysigOmdat daar geen amptelike eindstryd vir die Cravenweek-toernooi is nie, is daar elke jaar 'n groot wedstryd tussen die twee beste spanne tydens die toernooi. Die uitslag van hierdie belangrike wedstryde sedert 1971 is:[4][5]
Hoofwedstryde tydens die Cravenweek | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Jaar | Plek | Wenner | Telling | Naaswenner | ||||
1971 | Kimberley | Westelike Provinsie | 11–0 | Griekwaland-Wes | ||||
1972 | Potchefstroom | Westelike Provinsie | 16–9 | Westelike Transvaal | ||||
1973 | Stellenbosch | Westelike Provinsie | 36–7 | Transvaal | ||||
1974 | Johannesburg | Westelike Provinsie | 22–12 | Suidwestelike distrikte | ||||
1975 | Pretoria | Oostelike Provinsie | 46–13 | Natal | ||||
1976 | Wolmaransstad | Boland | 13–9 | Vrystaat | ||||
1977 | Oudtshoorn | Oostelike Provinsie | 19–17 | Westelike Provinsie | ||||
1978 | Middelburg | Westelike Provinsie | 12–3 | Vrystaat | ||||
1979 | Oos-Londen | Noordelike Vrystaat | 9–6 | Vrystaat | ||||
1980 | Stellenbosch | Vrystaat | 16–6 | Transvaal | ||||
1981 | Worcester | Transvaal | 11–7 | Westelike Provinsie | ||||
1982 | Windhoek | Suidoostelike Transvaal | 25–7 | Noordelike Vrystaat | ||||
1983 | Upington | Vrystaat | 13–9 | Suidoostelike Transvaal | ||||
1984 | Bloemfontein | Transvaal | 3–0 | Oostelike Provinsie | ||||
1985 | Witbank | Vrystaat | 23–15 | Transvaal | ||||
1986 | Graaff-Reinet | Suidoostelike Transvaal | 19–12 | Westelike Provinsie | ||||
1987 | Paarl | Natal / Transvaal | 22–22 | N/A | ||||
1988 | Port Elizabeth | Westelike Provinsie | 16–3 | Vrystaat | ||||
1989 | Johannesburg | Transvaal | 17–6 | Oostelike Provinsie | ||||
1990 | Durban | Natal | 18–8 | Noordelike Transvaal | ||||
1991 | Oos-Londen | Noordelike Transvaal | 10–9 | Grens | ||||
1992 | Pretoria | Westelike Provinsie | 22–15 | Vrystaat | ||||
1993 | Secunda | Noordelike Transvaal | 25–13 | Suidoostelike Transvaal | ||||
1994 | Newcastle | Grens / Oostelike Provinsie | 13–13 | N/A | ||||
1995 | Bloemfontein | Vrystaat | 15–13 | Boland | ||||
1996 | Stellenbosch | Noordelike Transvaal | 24–12 | Westelike Provinsie | ||||
1997 | Kimberley | Noordelike Transvaal | 29–27 | Westelike Provinsie | ||||
1998 | Vanderbijlpark | Griekwaland-Wes | 32–21 | Westelike Provinsie | ||||
1999 | George | Westelike Provinsie | 15–11 | Oostelike Provinsie | ||||
2000 | Port Elizabeth | Poemas | 19–18 | Boland | ||||
2001 | Rustenburg | Suidwestelike distrikte | 26–20 | Blou Bulle | ||||
2002 | Pietermaritzburg | Westelike Provinsie | 31–16 | Vrystaat | ||||
2003 | Wellington | Westelike Provinsie | 22–17 | Vrystaat | ||||
2004 | Nelspruit | Vrystaat | 17–16 | Westelike Provinsie | ||||
2005 | Bloemfontein | Goue Leeus | 38–15 | Oostelike Provinsie | ||||
2006 | Johannesburg | Blou Bulle | 35–20 | Goue Leeus | ||||
2007 | Stellenbosch | Vrystaat | 52–3 | Westelike Provinsie | ||||
2008 | Pretoria | Suidwestelike distrikte | 31–25 | Vrystaat | ||||
2009 | Oos-Londen | Westelike Provinsie | 19–17 | Vrystaat | ||||
2010 | Welkom | Vrystaat | 42–21 | Westelike Provinsie | ||||
2011 | Kimberley | Vrystaat | 28–17 | Goue Leeus | ||||
2012 | Port Elizabeth | Blou Bulle | 46–0 | Goue Leeus | ||||
2013 | Polokwane | Westelike Provinsie | 45–29 | Goue Leeus | ||||
2014 | Middelburg | Oostelike Provinsie | 25–7 | Suidwestelike distrikte | ||||
2015 | Stellenbosch | Westelike Provinsie | 95–0 | Oostelike Provinsie | ||||
2016 | Durban | Westelike Provinsie | 27–20 | Goue Leeus | ||||
2017 | Johannesburg | Goue Leeus | 45–18 | KwaZulu-Natal | ||||
2018 | Paarl | Westelike Provinsie | 47–8 | KwaZulu-Natal | ||||
2019 | Bloemfontein | Westelike Provinsie | 56–31 | Blou Bulle | ||||
2020 | gekanselleer weens die wêreldwye Covid-19-pandemie | |||||||
2021 | gekanselleer weens die wêreldwye Covid-19-pandemie | |||||||
2022 | Kaapstad | Westelike Provinsie | 29–21 | Blou Bulle | ||||
2023 | George | Westelike Provinsie | 29–5 | Blou Bulle |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "A bit of Craven Week history". SuperSport. 9 Julie 2012. Besoek op 23 April 2014.
- ↑ (en) "Coca-Cola Craven Week celebrates 50 years". School of Rugby. Besoek op 23 April 2014.[dooie skakel]
- ↑ (en) "History of Craven Week". Schools Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 23 April 2014.
- ↑ (en) "Main Matches at the Craven Week for High Schools (1971–2014)" (PDF). Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2018. Besoek op 26 Februarie 2015.
- ↑ (en) "Venues of Previous Weeks". Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2018. Besoek op 26 Februarie 2015.
Eksterne skakels
wysig- (en) Tuiste van die Coca-Cola Cravenweek
- (en) Rugby 365 Cravenweek se webtuiste Geargiveer 30 Mei 2012 op Wayback Machine