Secunda
Secunda is 'n dorp in Mpumalanga (Suid-Afrika). Die dorp en omliggende woonbuurte het 'n bevolking van meer as 40 000.
Secunda | |
---|---|
Koördinate: 26°30′58″S 29°12′10″O / 26.51611°S 29.20278°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Govan Mbeki |
Stigting | 1974 |
Oppervlak | |
• Totaal | 173,71 km2 (67,07 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 40 198 |
• Digtheid | 231/km2 (600/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 71.9% |
• Indiërs/Asiërs | 3.0% |
• Bruin mense | 3.8% |
• Swart mense | 20.6% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 69.5% |
• Engels | 13.3% |
• Zoeloe | 6.5% |
• Sotho | 2.5% |
• Ander | 8.1% |
Poskode (strate) | 2302 |
Skakelkode | 017 |
Agtergrond
wysigTydens die oliekrisis van 1973 het die prys van olie oornag vervierdubbel. Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om nog 'n olie-uit-steenkoolaanleg te bou en SASOL II is aangekondig. Bouwerk het in 1976 begin en die eerste olie is op 1 Maart 1980 gelewer. Secunda beteken "tweede". Dis so genoem omrede die tweede aanleg wat olie uit steenkool vervaardig, hier gebou is. Die eerste was Sasolburg.
Die omverwerping van die sjah van Iran se bewind in 1979 het vrese laat ontstaan dat Persiese ruolie onverkrygbaar of onbetaalbaar duur sou word. Dit het die Suid-Afrikaanse regering laat besluit om nog 'n brandstofaanleg by Secunda te bou. Dit is SASOL III genoem en het sy eerste olie op 10 Mei 1982 gelewer. Die totale koste van die twee projekte was R 5,8 miljard.
Omgewing
wysigSteenkool vir die aanlegte word verkry van vier myne wat as die Secunda Steenkoolmyne bekend staan. Hulle is Brandspruit, Middelbult, Bosjesspruit en Twistdraai. Syferfontein, 'n oopgroefmyn, lewer ook steenkool aan die aanlegte. Die jaarlikse verbruik is ongeveer 35 miljoen ton. Water vir die aanlegte word uit die Grootdraaidam naby Standerton verkry. Daar is 'n hoë skoorsteen van 301 m in die dorp.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Secunda". Sensus 2011.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Secunda.