Kepler-37
Kepler-37 is ’n G-tipe hoofreeksster 209 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Lier. Dit het vier eksoplanete, wat almal in ’n wentelbaan na aan die ster is. Kepler-37 se massa is omtrent 80,3% van die Son s’n en sy radius sowat 77%.[4] Dit is effens koeler en effens ouer as die Son.[5]
Kepler-37 | ||||
’n Vergelyking van Kepler-37 se planete met die Maan en planete van die Sonnestelsel. | ||||
Sterrebeeld | Lier | |||
Spektraaltipe | G8 V | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 56m 14.3078s[1] | |||
Deklinasie | 44° 31′ 05.389″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 9,71[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,803 (± 0,07)[3] | |||
Radius (R☉) | 0,77 (± 0,026)[3] | |||
Ouderdom (jaar) | 5,66 miljard | |||
Temperatuur (K) | 5 417 (± 75)[3] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 1,1 (± 1,1)[3] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | –0,32 (± 0,07)[3] | |||
Ander name | ||||
KOI-245, KIC 8478994,[2] TYC 3131-1199-1 | ||||
|
Planeetstelsel
wysigPlaneet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | 0,01 M⊕ | 0,1003 | 13,367308 | — | 88,63 | 0,354 R⊕ |
c | — | 0,1368 | 21,301886 | — | 89,07 | 0,742 R⊕ |
d | — | 0,2076 | 39,792187 | — | 89,335 | 1,99 R⊕ |
e | — | 0,2508 | 51,196 | — | — | — |
Kepler-37b is die naaste planeet aan die ster en was in Februarie 2013, toe die ontdekking aangekondig is, die kleinste bekende eksoplaneet.[6] Met ’n deursnee van 3 865 km is dit effens groter as die Maan.[6] Kepler-37c is sowat driekwart die Aarde se grootte en Kepler-37d sowat twee keer so groot.
Die eerste drie planete is in September 2012 ontdek en die ontdekking is in Februarie 2013 aangekondig. Die vierde planeet is in 2014 ontdek.Die wentelperiode van die binneste drie planete is binne 1% van ’n 5:8:15-resonansie. Nie een van die planete kan lewe onderhou nie weens hul nabyheid aan die ster.[6]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Gaia Data Release 2 Vizier catalog entry
- ↑ 2,0 2,1 "Kepler Host Star Characteristics". Archive for Space Telescopes (in Engels). Space Telescope Science Institute. 24 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 21 Februarie 2013.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Barclay, T; Rowe, JF; Lissauer, JJ (20 Februarie 2013). "A sub-Mercury-sized exoplanet (Additional Information)" (PDF). Nature. 494 (7438): 452–4. arXiv:1305.5587. Bibcode:2013Natur.494..452B. doi:10.1038/nature11914. PMID 23426260. Besoek op 21 Februarie 2013.
- ↑ 4,0 4,1 Barclay, T.; Rowe, J. F.; Lissauer, J. J.; Huber, D.; Fressin, F.; Howell, S. B.; Bryson, S. T.; Chaplin, W. J.; Désert, J.-M.; Lopez, Eric D.; Marcy, Geoffrey W.; Mullally, Fergal; Ragozzine, Darin; Torres, Guillermo; Adams, Elisabeth R.; Agol, Eric; Barrado, David; Basu, Sarbani; Bedding, Timothy R.; Buchhave, Lars A.; Charbonneau, David; Christiansen, Jessie L.; Christensen-Dalsgaard, Jørgen; Ciardi, David; Cochran, William D.; Dupree, Andrea K.; Elsworth, Yvonne; Everett, Mark; Fischer, Debra A.; et al. (20 Februarie 2013). "A sub-Mercury-sized exoplanet". Nature. 494 (7438): 452–4. arXiv:1305.5587. Bibcode:2013Natur.494..452B. doi:10.1038/nature11914. ISSN 0028-0836. PMID 23426260. Besoek op 21 Februarie 2013.
- ↑ Smallest Alien Planet Kepler-37b Explained (Infographic)
- ↑ 6,0 6,1 6,2 Catherine Griffin (21 Februarie 2013). "Tiniest Planet Yet Discovered by NASA Outside our Solar System". Science World Report (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 21 Februarie 2013.
Eksterne skakels
wysig- Tabel van bevestigde planete Geargiveer 1 April 2017 op Wayback Machine by Nasa se Kepler-sending
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kepler-37.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia