Keurvorstedom Sakse
|
Die Keurvorstedom Sakse, ook Keur-Sakse genoem, was 'n gebied van die Heilige Romeinse Ryk wat in 1356 ontstaan het toe keiser Karel IV die hertogdom Sakse-Wittenberg in die Goue Bul tot keurvorstedom verhef het. Die Keurvorstedom Sakse het in 1806 in die nuut geskepte Koninkryk Sakse opgegaan.