Klas ES-lokomotief
Klas ES is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir rangeerwerk. Dit is 'n Bo-Bo (Bo-Bo: twee 2-wiel draaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom elektrisiteit.
Die Suid-Afrikaanse Klas ES, om en by 1936 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Vervaardiger | Suid-Afrikaanse Spoorweë Nederlandsche Werkspoor Metropolitan-Vickers Swiss Locomotive and Machine Works |
Model | SAR ES[1] |
Klas | Klas ES |
Vervaardig | 1936-1964 |
Aantal gebou | 2 Series 1, 1935 10 Series 2, 1938 10 Series 3, 1951 4 industrieel, 1952 & 1957 2 Series 4, 1964 |
Herbouer | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Herboudatum | 1964 |
Aantal herbou | Twee uit Klas 1E |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 2.819 m wielbasis |
Min. draaisirkel | 91.45 m |
Wielbasis | 9.423 m |
Lengte | 13.31 m |
Breedte | 2.8 m |
Hoogte | Pantograaf neer: Series 1 & 2: 3.859 m Series 3 & 4: 4.026 m |
Asbelasting | 17 018 kg |
Lokomotiefmassa | 68 075 kg |
Kragverkryging | Enkelpantograaf |
Traksiemotors | Vier MV 182R |
Transmissie | 17/75 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 40 km/h |
Kraglewering | 224 kW 1 uur per motor 896 kW 1 uur totaal |
Trekkrag | 176 kN wegtrek 94 kN 1 uur 73 kN aaneenlopend |
Lug & Vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Driefontein Goudmyn |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 28 |
Vlootnommer(s) | SAR: E500 & E501 (ex E96 & E97) E503-E512 (ex E124-E133) E515-E526 Driefontein: 1-4 |
Bynaam | Studebaker |
Afleweringsdatum | 1936-1964 |
Eerste tog | 1936 [2] |
Die ontwerp is in 1935 deur die Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H, A.G. Watson, voltooi. Dit moes seker een van die lelikste lokomotiefontwerpe ooit gewees het, maar was opmerkend weens sy plat voor-en agterkante en 'n verhoogde drywerskajuit in die middel, ideaal vir rangeerwerk. Die eerste twee lokomotiewe is deur die SASH se werkswinkels in Pietermaritzburg gebou en in diens gestel in 1936. 'n Verdere 10 is in diens gestel in 1938.
Vanaf 1938 tot 1964 is 'n verdere twaalf bestel by Metropolitan Vickers and Company, die latere AEI. Die traksiemotors en draaistelle is uitruilbaar met Klas 1E en die lokomotief se maksimum veilige snelheid is 40 km/h. Hulle het diens gedoen in KwaZulu-Natal en Transvaal totdat hulle uit diens onttrek is en vervang is met die Klas 8E.
-
SAR Series 1 no. E97, later hernommer na E501, om en by 1936
-
Series 3 no. E518 vertoon op Danskraal, 5 Desember 2010
-
Driefontein Consolidated Ltd. no. 1, 21 Januarie 2009
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas ES-lokomotief.
Verwysings
wysig- ↑ Leith Paxton & David Bourne: Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
- ↑ South African Railways Index and Diagrams: Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975