Kleinwindswael
Die Kleinwindswael (Apus affinis) is 'n algemene standvoël maar gedeeltelik ook 'n trekvoël. Hulle is inheems aan Afrika (buiten die Sahara), die Midde-Ooste en suidelike Asië, en word dikwels in dorpe gesien. Hulle broei in kolonies en vorm veral soggens en saans kwetterende swerms. Die voël is 12 cm lank en 20 – 30 g groot. In Engels staan dit as die Little swift bekend.
Kleinwindswael | |
---|---|
Afgeneem te Satara, Krugerwildtuin, en 'n roepende swerm in Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. affinis
|
Binomiale naam | |
Apus affinis (JE Gray, 1830)
| |
verspreiding[2]
somerbesoeker standvoël |
Voorkoms
wysigHierdie windswael is klein met 'n vierkantige stert, 'n breë wit kruisvlek wat om die sye vou. Soos by etlike ander windswaels is daar 'n groot wit vlek op die keel. In vlug lyk die voël kort en plomp, terwyl die vlerke kort en gerond is. Die voël is kleiner as die gevlekte stekelstert, met het geen wit streep oor die pensvere nie.
Fotogalery
wysig-
'n Swerm versamel teen skemer in Tanzanië.
-
Kleinwindswael in Indië – die wit kruisvere is sigbaar.
-
Te Satara – die wit keel en kort vierkantige stert is opvallend
-
Kleinwindswael op nes
-
Legsel
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Apus affinis. |
Bron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Apus affinis". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ Phil Chantler & Gerald Driessens (2000). A Guide to the Swifts and Tree Swifts of the World. Pica Press. ISBN 1-873403-83-6.