Koljander
Koljander (Coriandrum sativum) is 'n eenjarige krui en spesery wat oorspronklik in die Suidelike Europa en Noord-Afrika tot in Suidwes-Asië voorgekom het. Beide die blare (wat soms cilantro of dhania genoem word) en sade word gebruik om smaak aan kerriegeregte, souse en slaai te gee. Alle dele van die plant is eetbaar, maar die vars blare en die gedroogde sade is die dele wat tradisioneel gebruik word in die kombuis.
Koljander | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Coriandrum
|
Spesie: | C. sativum
|
Binomiale naam | |
Coriandrum sativum |
Die meeste mense ervaar die smaak van koljanderblare as 'n suurlemoen/lemmetjie smaak, maar 'n kleiner groep van ongeveer 4-14% van die mense wat getoets word, dink die blare smaak soos bad seep.[1]
Geskiedenis
wysigAlhoewel inheems aan Iran,[2] groei koljander wild oor 'n wye gebied van Wes-Asië en Suid-Europa, wat die kommentaar laat ontstaan: "Dit is moeilik om presies te definieer waar hierdie plant wild is en waar dit pas onlangs gevestig is."[3]
Koljander is 'n hoofbestanddeel in Indiese en Thaise kookkuns. Dit word ook algemeen in boerekosgeregte (soos boerewors en droëwors) gebruik.
Verwysings
wysig- ↑ Carly Ledbetter (Des 6, 2017). Science Explains Why Cilantro Tastes Like Soap for Certain People. URL besoek op 2018-01-12.
- ↑ Batmanglij, Najmieh (2 Maart 2018). A Taste of Persia: An Introduction to Persian Cooking. I.B.Tauris. ISBN 9781845114374. Besoek op 2 Maart 2018 – via Google Books.
- ↑ Daniel Zohary and Maria Hopf, Domestication of plants in the Old World, third edition (Oxford: Oxford University Press, 2000), pp. 205–206
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koljander.