Kouebasrooihout
Die kouebasrooihout (Ochna arborea) – ook bekend as die Kaapse rooihout – is 'n boom wat voorkom in die Wes-Kaap, deur KwaZulu-Natal en Mpumalanga tot by Limpopo. Dit is ook inheems aan Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.
Kouebasrooihout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. arborea
|
Binomiale naam | |
Ochna arborea Burch. ex DC., (1824)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom groei by 'n verskeidenheid hoogtes bo seevlak in woude, bosse en langs strome. Die stam is dikwels met mos bedek en die gladde, liggrys bas skilfer in dun lagies af wat die binnebas onthul. Die binnebas voel koud indien daaraan gevat word.
Die boom se FSA-nommer is 479.[1]
Infraspesies
wysigDie plant het ook twee variëteite:
- Ochna arborea var. arborea — Kaapse rooihout
- Ochna arborea var. oconnorii (E.Phillips) Du Toit — bosrooihout
Fotogalery
wysig-
Bas -
Blom -
Blomknoppe
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- van Wyk, W.C.E.: Rooihout. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ochna arborea.