Kowierivier
- Moet nie verwar word met die Cowierivier wat by Adelaide in die Koonaprivier invloei nie.
Die Kowierivier is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Kowierivier | |
---|---|
Brug oor die Kowierivier en strandmeer in Port Alfred
| |
Stroomgebied | Oos-Kaap |
Monding | Indiese Oseaan |
Lengte | 94 |
Oorsprong-hoogte | 800 |
Monding-hoogte | 0 |
Koördinate: 33°36′06″S 26°53′58″O / 33.60167°S 26.89944°O |
Die rivier se oorsprong is in die heuwels van die "Grahamstadshoogte" waarna dit in 'n suidoostelike rigting vloei. Dit dreineer die pynappel-landerye en grootste dele van die Bathurst-streek, en vloei deur die gesogte Port Alfred-waterfront, waarna dit by 33°36′06″S 26°53′58″O / 33.60167°S 26.89944°O in die Indiese Oseaan uitmond.
Die hoofsyriviere is die Bloukransrivier, die Bakrivier en die Lushingtonrivier. Die Kleinkowierivier is 'n kleiner sytak wat 14 km voor die monding by die strandmeer-gedeelte aansluit. Daar sluit ook 'n hele aantal kleiner, onbenoemde spruite aan by die rivier langs sy roete na die see. Die Kowierivier is deel van die Vis tot Tsitsikama waterbestuursgebied.[1]
Ekologie
wysig'n Klein bevolking van die bedreigde Oos-Kaapse kurper (Sandelia bainsii) kom in die Kowierivier voor.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Fish to Tsitsikama WMA 15
- ↑ "Sandelia bainsii". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2008. Besoek op 18 Mei 2013.