Kuopio
Kuopio (Fins: [ˈkuo̯pio], is 'n stad en munisipaliteit in Oos-Finland en ook die administratiewe streek Noord-Savonia se hoofstad. Met 'n oppervlakte van 4 326,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 122 594 (2022) is dit die agtste grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg), Turku (Åbo) en Jyväskylä, asook die grootste stad in Oos-Finland.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Landskap | Oos-Finland |
Provinsie | Noord-Savonia |
Koördinate | 62°53′N 27°40′O / 62.883°N 27.667°O |
Stigting | 1653 |
Stadstatus | 17 November 1775 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 4 326,35 vk km[1] |
- waarvan land | 3 241,02 vk km |
Hoogte bo seevlak | 20 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 122 594[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 28,3/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 4,0 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −8,1 / 17,6 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 619 mm |
Burgemeester | Soile Lahti |
Amptelike webwerf | kuopio.fi |
Daar bestaan verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam Kuopio. Volgens die eerste teorie het in die 16de eeu 'n sekere invloedryke persoon met die naam Kauhanen in Tavinsalmi sy naam verander in Skopa en die mense het dit uitgespreek as Coopia en uiteindelik as Cuopio. Die tweede teorie is dat dit ontleen is aan die werkwoord kuopia, wat "hoef" beteken, soos wanneer 'n perd die grond met sy hoef beet. Volgens 'n derde teorie is dit afgelei van 'n sekere Kareliese man uit die Middeleeue met die naam Prokopij uit Ruokolahti.[3] Dié teorie is die mees waarskynlike en word deur die Navorsingsinstituut vir die Tale van Finland ondersteun.[4][5]
Galery
wysig-
Die katedraal van Kuopio
-
Universiteit
-
Puijo-toring
-
Raadsaal van Kuopio
-
Kuopio-hawe
-
Kuopio-hall (Sport)
Verwysings
wysig- ↑ (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
- ↑ (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.
- ↑ (fi) "Kuopion kaupunki". 26 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2010. Besoek op 26 Januarie 2010.
- ↑ (fi) Riitta Raatikainen (16 Desember 2007). "Varkaudesta Puutokseen". Savon Sanomat (344): 38.
- ↑ (fi) Pekka Lappalainen (1982). Kuopion historia 1. Kustannuskiila. pp. 35–36. ISBN 951-657-097-6.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kuopio.
- (en) Toerisme-inligting oor Kuopio op Wikivoyage
- (fi) Amptelike webwerf
- (en) "Kuopio". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Mei 2024.