Kuswildepiesang
plantspesie
Die kuswildepiesang (Strelitzia nicolai) is 'n boom wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Oos-Londen tot in die noorde van KwaZulu-Natal. Die boom lyk palmagtig. Dit groei tot 9 m hoog in duine, moerasse, kusbosse, bosryke klowe en woude. Die groot, piesangagtige blare word soms deur die wind verniel en die blare skeur middeldeur wat die boom slordig laat lyk. Die spesie het veelvoudige blomhofies met tot vyf blomme wat elk uit die voorafgaande een ontspring sodat 'n suil van vyf lae gevorm word. Die boom word ook die Natalse wildepiesang genoem.
Kuswildepiesang | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. nicholai
|
Binomiale naam | |
Strelitzia nicolai Regel & K. Koch, (1858)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom is ook inheems in Botswana, Mosambiek en Zimbabwe.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online