Kye Allums
Kye Allums (gebore op 23 Oktober 1989) is 'n voormalige basketbalspeler in die vrouespan van die George Washington-universiteit wat in 2010 uitgekom het as 'n trans man. Hy was die eerste openlik transgender NCAA Division I-universiteitsatleet.[1][2] Allums is 'n kampvegter vir transgendersake, 'n openbare spreker, kunstenaar en mentor vir LGBT-jeugdiges.
Kye Allums | |
---|---|
Gebore | 23 Oktober 1989 |
Alma mater | George Washington-universiteit, Washington, D.C. |
Bekend vir | Sport (basketbal) |
Lewe
wysigAllums het drie seisoene vir die George Washington Colonials, die vrouebasketbalspan van die George Washington-universiteit in Washington, D.C., gespeel.[3] Sy spanmaats het hom "Kay-Kay" genoem.[4] Allums het mense begin vra om hom "Kye" te noem.[5] Hy het in 2010 as 'n trans man uitgekom.[6] Hy het aan die sportwebtuiste Outsports gesê: "My biologiese geslag is vroulik, wat my 'n transgender man maak."[7]
In Mei 2011 het hy ophou basketbal vir die universiteit speel.[8] Hy het in dié jaar sy BA-graad in die skone kunste behaal.[9]
Allums het ná sy universiteitsopleiding deur die land begin reis om te praat oor die lewe van 'n transgender persoon.[10] Hy het hoërskole, kolleges en universiteite besoek om die transgender gemeenskap te bespreek en hoe dit moontlik is om transgender te wees en in 'n span te speel.[11] Hy gee ook raad aan trans jongmense oor hoe om boelies te hanteer.[12]
Hy het in Laverne Cox se dokumentêr The T Word verskyn.[13] Die prent volg jong transgender individue en verduidelik wat hulle deurmaak.[14]
In 2015 is hy in die Amerikaanse eresportsaal vir gays en lesbiërs opgeneem.[15]
Verwysings
wysig- ↑ "First transgender athlete to play in NCAA basketball". CNN. 23 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2011. Besoek op 5 April 2022.
- ↑ Brady, Erik (4 November 2010). "Transgender male Kye Allums on the women's team at GW". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2012. Besoek op 2 September 2017.
- ↑ "Kye Allums". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2013. Besoek op 20 September 2013.
- ↑ Brady, Erik (4 November 2010). "Transgender male Kye Allums on the women's team at GW". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Moore, Elliott (19 Februarie 2013). "Kye Allums Discusses His Personal History as a Transgender Athlete". www.glaad.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Steinmetz, Katy (28 Oktober 2014). "Meet The First Openly Transgender NCAA Division I Athlete". www.time.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Brady, Erik (4 November 2010). "Transgender male Kye Allums on the women's team at GW". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ "Kye Allums Leaving Basketball". Mei 19, 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Mei 21, 2011. Besoek op April 5, 2022.
- ↑ Allums, Kye. "About". kyeallums.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Steinmetz, Katy (28 Oktober 2014). "Meet The First Openly Transgender NCAA Division I Athlete". www.time.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Allums, Kye. "Booking". Kyeallums.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Moore, Elliott (19 Februarie 2013). "Kye Allums Discusses his Personal History as a Transgender Athlete". GLAAD. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Steinmetz, Katy (28 Oktober 2014). "Meet The First Openly Transgender NCAA Division I Athlete". www.time.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015. Besoek op 4 Mei 2015.
- ↑ Laverne Cox (gasvrou). "Laverne Cox Presents: 'The T word'" (Full Documentary).
- ↑ Jim Buzinski (27 Julie 2015). "9 inducted into National Gay and Lesbian Sports Hall of Fame". Outsports. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 15 Januarie 2016.
Skakels
wysig- Amptelike webwerf (geargiveer)
- "GW Transgender Player Deals With Wave of Publicity", AP
- Allums, Kye (22 Januarie 2014). "Grantland, Dr. V and Being Enough". The Nation. ISSN 0027-8378. Besoek op 4 Maart 2023.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.