Witviooltjie
plantspesie
(Aangestuur vanaf Lachenalia alba)
Die witviooltjie (Lachenalia alba) is 'n blomdraende geofiet wat endemies is aan die Bokkeveld-eskarp naby Nieuwoudtville en Calvinia, die plant is deel van die renosterveld. Die plant het ongeveer 25% van sy habitat aan graanproduksie afgestaan en die oorblywende habitat is slegs 25 km2 groot. Dit word ook bedreig deur vertrapping deur vee en ystervarke wat gate grawe.
Witviooltjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asparagaceae |
Subfamilie: | Scilloideae |
Genus: | Lachenalia |
Spesie: | L. alba
|
Binomiale naam | |
Lachenalia alba W.F.Barker ex G.D.Duncan, (1996)
|
In Engels staan die plant bekend as die white lachenalia.