Lachenalia bachmannii
plantspesie
Lachenalia bachmannii is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Swartland Renosterveld. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Stellenbosch voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 1 044 km2 en daar is tussen vier en ses gefragmenteerde subpopulasies. Die plant groei op die kante van seisoenale poele wat merendeels in die lente voorkom. Die plant het habitat verloor weens oorbeweiding, drooglegging van die nat gebiede en die afloop van insekdoders wat lei tot eutrofikasie.
Lachenalia bachmannii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. bachmannii
|
Binomiale naam | |
Lachenalia bachmannii Baker, (1892)
| |
Sinonieme | |
|