Lachnostylis bilocularis
Plantspesie
Die klipkoolhout (Lachnostylis bilocularis) is 'n struik wat deel van die Phyllanthaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom tussen Calitzdorp en Uniondale in die Wes-Kaap voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4 421 km² en is deel van die renosterveld. In Engels staan die spesie bekend as die rock coalwood.
Klipkoolhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Phyllanthaceae |
Genus: | Lachnostylis |
Spesie: | L. bilocularis
|
Binomiale naam | |
Lachnostylis bilocularis R.A.Dyer, (1943)
|
Die boom se FSA-nommer is 307.1.[1]