Laeveld- Nasionale Botaniese Tuin

botaniese tuin te Nelspruit, Mpumalanga
(Aangestuur vanaf Laeveld- Botaniese Tuin)

Die Laeveld- Nasionale Botaniese Tuin is een van nege nasionale botaniese tuine in Suid-Afrika. Dit is net noord van Nelspruit (ook bekend as Mbombela) se middestad geleë, waar die Nelsrivier in die Krokodilrivier vloei. Die N4-nasionale pad loop deur die noordelike deel van die tuin.

Plantegroei weerskante van die Krokodilrivier. 'n Voetganger- en padbrug verbind die twee dele.

Hierdie tuin van 160 ha is in 1971 geopen. Tans groei daar 600 plantspesies wat natuurlik in die streek voorkom en sowat 2 000 spesies wat aangeplant is. Amper 650 inheemse boomspesies kom voor, en sedert 1980 is die tuin se versameling broodbome aansienlik uitgebrei. Dit verteenwoordig die grootste versameling broodbome in die land en 'n genebank vir die plante word ook hier bygehou. In 1994 is daar onder leiding van kurator Johan Kluge begin om 'n kunsmatige reënwoud aan die rivieroewer te vestig. 'n Wandelpad neem 'n besoeker van die parkeerarea oor die rivier en deur die reënwoud, verby baie clivias en vyebome, asook 'n kremetartboom, en lei na uitsigpunte oor die stroomversnellings in die rivier.

Galery

wysig

Bibliografie

wysig
  • www.sanbi.org

25°26′40″S 30°57′58″E / 25.44444°S 30.96611°O / -25.44444; 30.96611