Lapas (Russies: Лапас) is 'n Nogai-dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Chosjeoetowo Plaaslike Munisipaliteit.

Lapas

Лапас
Dorpie
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Lapas is in Astrachan-oblast
Lapas
Lapas
Die ligging van Lapas in Astrachan-oblast
Koördinate: 46°57′06″N 47°49′48″O / 46.95167°N 47.83000°O / 46.95167; 47.83000
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedAstrachan-oblast
RajonCharabali
Bevolking
 • Totaal688
TydsoneUTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd)
Poskode
416024

Geskiedenis

wysig

Lapas is in die 1850's deur die Nogai-setlaars uit Seïtofka gestig. Die dorpie se naam kom van 'n fonetiese aanpassing van die Russiese woord лабаз (labaz), waarvan die letterlike betekenis "klein winkel" of "stoorplek" is.[1]

Demografie

wysig

Volgens Sensus 2010 het Lapas 665 inwoners gehad. Die Nogais is die grootste groep.[2]

Etniese groepe Sensus 2010 Persentasie
Nogais 314 47,2%
Kasakke 278 41,8%
Tsjetsjniërs 30 4,5%
Tartare 23 3,5%
Russe 9 1,4%
Oeigoere 4 0,6%
Oekraïners 4 0,6%
Kalmikiërs 3 0,5%
Totaal 665 100%

Verwysings

wysig
  1. "Лапасский сельский филиал". Хошеутовский сельский филиал МКУК «Харабалинская межпоселенческая библиотека» (in Russies). Besoek op 17 Julie 2023.
  2. Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 17 Julie 2023.