León, Meksiko
León (Spaans amptelik: León de los Aldama) is die hoofstad en grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Guanajuato en dit is op 20 Januarie 1576 deur Spanjaarde onder Martín Enríquez de Almanza gestig. Die stad het in 2020 'n bevolking van 1 721 199 en van 2 140 354 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 219,67 km².
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Meksiko |
Deelstaat | Guanajuato |
Koördinate | 21°07′N 101°41′W / 21.117°N 101.683°W |
Gestig op | 20 Januarie 1576 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 219,67 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 815 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 1 721 199 |
- Bevolkingsdigtheid | 932,6/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 2 140 354 |
Tydsone | UTC -6 (CST) |
Somertyd | UTC -5 (CDT) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 19,6 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 15,4 / 21,1 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 654,4 mm |
Burgemeester | Alejandra Gutiérrez Campos (PAN) |
Amptelike webwerf | leon.gob.mx |
León is geleë sowat 400 km noordwes van die metropolitaanse gebied van Meksikostad, noordoos van die stede Guadalajara en Zapopan en suid van Monterrey.
Die verwerking van leer word as belangrikste nywerheidsektor van die stad beskou. Die vrugbare riviervallei rondom die stad word gebruik vir intensiewe landbou en naby die stad word goud-, silwer- en kopermyne bedryf. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986.
-
Die kwytskeldend-tempel.
-
Die munisipale paleis.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie León.
- (en) Toerisme-inligting oor León op Wikivoyage
- (es) Amptelike webwerf