Lekker FM 98.3 (Uitgespreek: Lekker FM nege agt punt drie) is 'n Afrikaanse radiostasie wat ook Engelse inhoud uitsaai in Pretoria en omliggende gebiede.[1] Lekker FM het op 11 Oktober 2012 sy uitsending begin maar was slegs oor die internet en sekere selfoonplatforms soos TuneIn beskikbaar. Die radiostasie het egter later 'n FM uitsaailisensie bekom wat geldig is vanaf 8 Mei 2014. Dit was egter meer as 'n jaar na die lisensie bekom is, op 23 November 2015, wat Lekker FM begin uitsaai het op 91.9 MHz (FM). Later, weens uitsaairegte, moes die kanaal sy frekwensie verander na 98.3 MHz (FM) en het op 30 Mei 2016 sy eerste uitsending op hierdie nuwe frekwensie gehad.[1] Die verandering van uitsaaifrekwensie het gepaard gegaan met 'n naamverandering van slegs "Lekker FM" na "Lekker FM 98.3".

Lekker FM
Lekker Fm 98.3 se kenteken
Lekker Fm 98.3 se kenteken
Gestig 11 Oktober 2012
Formaat Internet, FM
Frekwensie 98.3 MHz (Pretoria)
Slagspreuk "Dit kan net lekker raak"
"Pretoria se lekkerste radiostasie"
Taal Afrikaans en Engels
Webtuiste lekkerfm.com/
Aanlyn Uitsending lekkerfm.com Luister Nou

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 Lekker FM 98.3. ""Wie Is Ons"". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op 3 Julie 2017.