Lemoenvlinder
Die lemoenvlinder (Papilio demodocus) is 'n groot swaelstertvlinder inheems aan die oorgrote deel van sub-Sahara Afrika, insluitend Madagaskar, benewens die suidelike Arabiese Skiereiland. Die ruspes benut verskillende plantspesies as voedsel, maar veral dié van die familie Rutaceae, wat verboude sitrus insluit. Omdat hulle sitrusblare vreet word die lemoenvlinder as 'n pesspesie beskou.[3]
Lemoenvlinder | |
---|---|
Bo- en ondersy | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. demodocus
|
Binomiale naam | |
Papilio demodocus | |
Sinonieme | |
|
Lewenskringloop
wysigLemoenvlinders gaan deur ongeveer drie geslagte per jaar. Hul eiers word op sitrusblare gelê.
Eiers
wysigDie vroulike vlinder plaas haar eiers op die oppervlakte van 'n sitrusblaar. Na sowat ses dae broei die larwe (ruspe) uit die eier.
Onvolwasse larwe
wysigDie onvolwasse larwe is swart en geel, met wit stekels. Hul kleur verskaf goeie kamoeflering, aangesien hulle lyk na voëlmis. Hulle groei tot 'n lengte van 10 tot 15 mm voor hulle in volwasse larwes verander.
Volwasse larwe
wysigDie volwasse larwe (of ruspe) is groen met wit of rooskleurige merke en oogkolle. Hulle groei tot 'n maksimumlengte van sowat 45 mm.
By volwasse ruspes ontbreek die kamoeflering van hul vroeëre stadia. Instede stoot hulle 'n gevurkte oranje orgaan uit, bekend as 'n osmaterium, wanneer hulle deur 'n voël of ander predator gekonfronteer word. Die orgaan gee 'n sterk reuk af wat die predator ontmoedig om dit as prooi te neem.
Papie
wysigDie ruspes heg hulle aan takke deur middel van sy, en transformeer dan na papies. Hulle bly in die papiestadium vir 2–3 weke voor die volwassene, die vlinder, verskyn.
Volwassene
wysigDie volwassene het swart- en geelgemerkte vlerke met rooi en blou oogkolle. Die vroulike skoenlappers neig om groter as die mannetjies te wees.
Natuurlike vyande
wysigLemoenvlinder eiers en papies word geparasiteer deur sekere soorte parasitiese wespes, veral die taksa Ooencyrtus (eierpredator) en Pteromalus puparum (papiepredator).
Eksterne skakels
wysig- Papilio demodocus Geargiveer 25 Desember 2007 op Wayback Machine van die Iziko Museum, Kaapstad
- Citrus Swallowtail Geargiveer 26 Februarie 2008 op Wayback Machine
Fotogalery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Afrotropical Butterflies: File C – Papilionidae - Tribe Papilionini
- ↑ Papilio, Site of Markku Savela
- ↑ Hoskins, Adrian. "Adrian Hoskins". Learn about Butterflies. Besoek op 27 Maart 2020.