Limpopo Blou Bulle
Rugbyspan in Limpopo, Suid-Afrika
Limpopo is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat deel is van die Blou Bulle-rugbyunie. Hulle draf gewoonlik jaarliks saam met die Blou Bulle tydens die Curriebeker- en Vodacombeker-kampioenskappe uit. Maar, hulle jeugspanne neem afsonderlik aan die Craven-week en die Grant Khomo-week deel.
Limpopo Blou Bulle | ||||
Unie | Blou Bulle-rugbyunie | |||
Streek | Limpopo, Suid-Afrika | |||
Stadion | Peter Mokaba-stadion, Polokwane | |||
Kapasiteit | 41 733 | |||
Liga(s) | Vodacombeker | |||
2014 | 8ste (Noordelike seksie) |
Limpopo se tuisveld is die Peter Mokaba-stadion in Pietersburg (Polokwane). Hulle trek spelers van dwarsoor die Limpopo-provinsie in Suid-Afrika.
Hulle het van 2013-2015 as 'n onafhanklike span aan die Vodacombeker deelgeneem.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Limpopo to play in Vodacom Cup". Suid-Afrikaanse rugbyunie. 8 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 8 Januarie 2013.