Litiumsulfaat
Litiumsulfaat is 'n sout van litium en swaelsuur met die formule Li2SO4.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Litiumsulfaat |
Chemiese formule | Li2SO4 |
Molêre massa | 106,02 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 10377-48-7[1] |
Voorkoms | wit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Fase | β-Li2SO4 |
Selkonstantes | a=823,9(1)pm; 495,4(1)pm; 847,4(1)pm[2] |
Ruimtegroep | P21/a |
Nommer | 14 |
Fase | α-Li2SO4: T>572 °C |
Selkonstantes | a=707pm[3] |
Ruimtegroep | Fm3m (?) |
Nommer | 225 |
Smeltpunt | 860 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,21 @20°C[1] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 613 [mg/kg] (oraal; rot) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit vorm 'n monohidraat Li2SO4·H2O.
Kristalstruktuur
wysigLi2SO4 bestaan as 'n dimorf, met 'n laetemperatuurfase wat β-Li2SO4 genoem word en 'n hoëtemperatuurfase α-Li2SO4, wat stabiel is tot 1.133 K, die smeltpunt. Watervrye β-Li2SO4 kristalliseer in die monokliniese kristalstelsel. Bo 845 K ondergaan die struktuur 'n fase-oorgang na 'n hoogsimmetriese vlakgesentreerde kubiese fase. Die hoëtemperatuurfase is 'n superioniese geleier.[4] Die hoë kubiese simmetrie betref soos by baie superioniese geleiers die gemiddelde struktuur en is die gevolg van wanorde in die rotasies van (steeds tetraëdriese) sulfaatione en 'n wanordelike verdeling van die litiumione oor 'n groot verskeidenheid van posisies in die rooster. Dit vergemaklik die bewegings van ione deur die vastestof en verhoog die ioniese geleidingsvermoë.
Gebruike
wysigLitiumsulfaat-tipe materiale is aantreklike kandidate as vaste elektroliete vir verskeie elektrochemiese toestelle. Dunne lagies van hierdie tipe materiale kan amper amorf wees en reeds by lae temperatuur superioniese geleiding vertoon.[4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "SDS". Sigma-Aldrich.
- ↑ A.G. Nord (1976). "Crystal structure of beta-Li2SO4". Acta Cryst. B32: 982. doi:10.1107/S0567740876004433.
- ↑ T. Förland (1957). "The structure of the high-temperature modification of sodium lithium sulfate". Acta Cryst. 11: 224.
- ↑ 4,0 4,1 Sony Varghese, K. Hariharan (2023). "Thin films of solid electrolyte lithium sulfate deposited by e-beam evaporation". Materials Today: Proceedings. doi:10.1016/j.matpr.2023.02.328.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)