Lugmagbasis Makhado
Lugmagbasis Makhado (ICAO: FALM) is 'n militêre lugmagbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag en die verste noord in Suid-Afrika geleë by Louis Trichardt, naby die grens met Zimbabwe.
Lugmagbasis Makhado Air Force Base Makhado | |||
---|---|---|---|
IATA: Geen – ICAO: FALM | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Militêr | ||
Operateur | Suid-Afrikaanse Lugmag | ||
Ligging | Louis Trichardt, Limpopo | ||
Hoogte bo seevlak | 3,069 vt / 935 m | ||
Koördinate | 23°9′36″S 29°41′48″E / 23.16000°S 29.69667°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging in Limpopo | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
10/28 | 4,020 | 13,189 | Teer |
10L/28R | 500 | 1,640 | Teer |
Dit is die modernste basis van die lugmag en staan nie-amptelik bekend as Fighter Town, RSA. Die basis se leuse is Castrum Borealis (Fort van die Noorde).
Tuiste van eenhede
wysig- 2 Eskader SALM (gevegseskader)
- 85 Vlieggevegskool, SALM
- 102 Eskader - Ligte vervoer (reserwemag)
- 515 Eskader, SALM - Sekerheidsdienste
- 3 Lugonderhoudseenheid - Onderhoudsdienste
Geskiedenis
wysigDie basis is op 14 Oktober 1987 geopen as LMB Louis Trichardt, maar na 'n naamsverandering op 7 November 2003 word dit hernoem na die nabygeleë dorp Makhado (Louis Trichardt).
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webblad Geargiveer 28 Julie 2018 op Wayback Machine
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |