Môre, môre
(Aangestuur vanaf Môre, Môre)
Môre, Môre is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1973 vervaardig is. Dié fliek is gegrond op Jan Scholtz se gelyknamige radiovervolgverhaal. Elmo de Witt was die regisseur en Jan Scholtz het die draaiboek geskryf. Dit is in die omgewing van Randburg verfilm.
Môre, Môre | |
---|---|
Regisseur | Elmo de Witt |
Draaiboek | Jan Scholtz |
Met | Hans Strydom Sybel Coetzee |
Ateljee | Rand Films |
Uitgereik | 1974 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n liefdesdrama en goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
wysig- Hans Strydom as die onderwyser.
- Sybel Coetzee as Lena O'Brien.
- Johannes Slabbert as die skoolseun.
- Anna Neethling-Pohl
- Jan Bruyns
- David van der Walt
- Tobie Cronjé
- Iris Coertze
Storie
wysigDie verhaal speel af op 'n klein plattelandse dorpie en gaan oor Lena, 'n matriekmeisie wat op haar onderwyser verlief is. Die optrede van die mense op die dorp is ook kleinlik en genadeloos. Een van die skoolseuns se jaloesie oor dié verhouding bereik 'n hoogtepunt toe hy tydens 'n sportbyeenkoms probeer om die onderwyser met 'n spies dood te gooi.