Messier 12

(Aangestuur vanaf M12)

Messier 12 of M12 (ook bekend as NGC 6218) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is op 30 Mei 1764 deur Charles Messier ontdek, wat dit beskryf het as ’n newel sonder sterre.[1] In donker toestande kan dit dofweg deur ’n verkyker gesien word.

Messier 12
Messier 12 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Messier 12 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
(Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort Bolswerm
Sterrebeeld Slangdraer
Regte klimming 16h 47m 14,18s
Deklinasie -01º 56' 54,7"
Afstand 15 700 ligjare (4 800 parsek)
Skynbare magnitude 7 mag
Skynbare grootte (v) 16′.0
Radius 37,2 ligjare
Ander name NGC 6218

Die swerm is sowat 3°[2] van die sterreswerm M10 en 5,6° van die ster Lambda Ophiuchi. Dit is sowat 15 700 ligjare van die Aarde af en het ’n deursnee van sowat 75 ligjare. Die helderste ster het ’n skynbare magnitude van 12. Die sterre is redelik losweg verbind vir ’n bolswerm en daar is aanvanklik vermoed dit is ’n kampakte oop swerm. Dertien van sy sterre is veranderlike sterre.

Verwysings

wysig
  1. Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007), Illustrated guide to astronomical wonders, DIY science O'Reilly Series, O'Reilly Media, Inc., p. 137, ISBN 0-596-52685-7, http://books.google.com/books?id=ymt9nj_uPhwC&pg=PA137. 
  2. Monks, Neale (2010), Go-To Telescopes Under Suburban Skies, Patrick Moore's Practical Astronomy Series, Springer, p. 118, ISBN 1-4419-6850-4, http://books.google.com/books?id=waO6tUtfblsC&pg=PA118. 

Eksterne skakels

wysig