Madeleine Hicklin
Madeleine Bertine Hicklin (gebore 3 September 1957) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Sy is tans die party se skadu-adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur.
Madeleine Hicklin | |
Skadu-adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Desember 2020 | |
Voorafgegaan deur | Samantha Graham |
---|---|
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 3 September 1957 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Religie | Judaïsme |
Politieke loopbaan
wysigHicklin is 'n lid van die Demokratiese Alliansie. Sy is in August 2016 as die raadslid vir wyk 112 in die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit verkies.[1]
Hicklin is tydens die algemene verkiesing van 8 Mei 2019 tot die Nasionale Vergadering verkies.[1] Sy het op 22 Mei 2019 haar amp as LP ingeneem. On 27 Junie 2019 het sy 'n plaasvervangende lid van die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur geword.[2]
Hicklin is op 5 Desember 2020 as die nuwe skadu-adjunkminister van publieke werke en infrastruktuur aangekondig.[3]
Persoonlike lewe
wysigHicklin is 'n Jood. Sy is ook 'n niggie van die ontslape anti-apartheidsaktivis Denis Goldberg.[4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) Van Wyk, Andrei (22 Mei 2019). "Councillor Madeleine Hicklin says goodbye to Ward 112". Midrand Reporter. Besoek op 12 September 2020.
- ↑ "Madeleine Bertine Hicklin". People's Assembly. Besoek op 12 September 2020.
- ↑ (en) Mazzone, Natasha (5 Desember 2020). "DA announces new Shadow Cabinet that will bring Real Hope and Real Change". Demokratiese Alliansie. Besoek op 5 Desember 2020.
- ↑ (en) Feinberg, Tali (18 April 2019). "Passionate politician sets her sights on parliament". South African Jewish Report. Besoek op 12 September 2020.[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |