Mafeteng
Mafeteng is 'n dorp in die suidweste van Lesotho en is die kampdorp (hoofstad) van die land se Mafeteng-distrik. Die dorp se naam beteken Plek van Ongetroude Vroue. Dit was ook die toneel van gevegte in die Geweeroorlog van 1880.[1]
Mafeteng | |
---|---|
Uitsig oor Likhoele, Mafeteng se tweede hoogste berg, vanaf die reservoir by Kingsgate Laerskool. | |
Koördinate: 29°49′0″S 27°15′0″O / 29.81667°S 27.25000°O | |
Land | Lesotho |
Distrik | Mafeteng |
Bevolking | |
• Totaal | 61 000 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Mafeteng is sowat 76 kilometer suid van die land se hoofstad, Maseru geleë en het 'n bevolking van ongeveer 61 000 mense.[2]
Die Suid-Afrikaanse grensdorp naaste aan Mafeteng is Wepener via die Van Rooyenshek doeanepos.
Verwysings
wysig- ↑ Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal.
- ↑ "Lesotho - Geography" (in Engels). Commonwealth Secretariat. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2011. Besoek op 23 Maart 2010.
Eksterne skakels
wysig- Toerisme-inligting oor Mafeteng op Wikivoyage