Manketti
Die Manketti (Schinziophyton rautanenii) is 'n groot, bladwisselende boom wat 6 – 15 m hoog kan raak. Dit het handvormige saamgestelde blare. Dit lyk baie soos 'n klein kremetartboom. Die neute is eetbaar en gesog. Hierdie boom se FSA-nommer is 337.[1][2] In Afrikaans staan die boom gewoonlik bekend as spikkelhout. Dit staan ook as die Transvaal-okkerneut bekend. Die Tswana-naam vir die boom is mokongwa.
Manketti | |
---|---|
Schinziophyton rautanenii | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Euphorbiaceae |
Subfamilie: | Crotonoideae |
Tribus: | Ricinodendreae |
Genus: | Schinziophyton Hutch. ex Radcl.-Sm. |
Spesie: | S. rautanenii
|
Binomiale naam | |
Schinziophyton rautanenii (Schinz) Radcl.-Sm., (1990)
| |
Sinonieme | |
|
Dit is die enigste spesie in die genus Schinziophyton wat dit 'n monotipiese genus maak.
Die boom kom voor op die Suid-Afrikaanse lys van beskermde bome.
Verspreiding
wysigDie boom kom in bosveld voor en is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom dit in Limpopo voor.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Landbouweekblad, 5 Mei 2022
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online