Maak hoofkeuseskerm oop

Marcus Ericsson

Sweedse motorrenjaer

Marcus Ericsson (gebore 2 September 1990) is 'n Sweedse renjaer wat tot 2018 vir Sauber aan Formule Een deelgeneem het.[1] Hierna is hy gedegradeer tot reserwebestuurder in 2019.[2] Na 'n suksesvolle motorrendebuut in 2007 waartydens hy die Britse Formule BMW-titel met Fortec Motorsport gewen het, is hy bevorder tot hul Britse Formule 3-span.

Marcus Ericsson
Ericsson in 2015.
Ericsson in 2015.
Geboortedatum 2 September 1990 (1990-09-02) (29 jaar oud)
Geboorteplek Kumla, Swede
Nasionaliteit Vlag van Swede Sweed
Span in 2018 Sauber-Ferrari
Motornommer 9
Inskrywings 97 (97 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 0
Podiums 0
Loopbaanpunte 18
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 0
Eerste wedren 2014 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2018 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2018
Verlede jaar plek 17de (9 punte)

Na voltooiing as een van die top groentjies in die kategorie, het Ericsson sy aandag aan die All-Japan Formule Drie-kampioenskap gegee en ook die kampioenskap in sy debuutjaar gewen. In 2010 skuif hy na die GP2-reeks en behaal 'n oorwinning tydens sy eerste probeerslag vir Super Nova Racing. Tussen 2011 en 2012 het Ericsson vir iSport gejaag.

Ericsson voltooi die 2013 GP2-seisoen met DAMS, en sy debuut in Formule Een in 2014 was by die Caterham F1-span.

VerwysingsWysig

  1. "Extensions of contracts with Marcus Ericsson and Felipe Nasr". Sauber F1 Team. 23 Julie 2015.
  2. (nl) Ericsson door Sauber gedegradeerd tot derde rijder