Maria Tudor, koningin van Frankryk
(Aangestuur vanaf Maria Tudor)
Maria Tudor (18 Maart 1496 - 25 Junie 1533) was ’n Engelse prinses wat vir ’n kort rukkie koningingemaal van Frankryk was. Sy was die jongste oorlewende dogter van koning Hendrik VII van Engeland en Elizabeth van York, en die derde vrou van Lodewyk XII van Frankryk, wat meer as 30 jaar ouer as sy was. Ná sy dood is sy in die geheim getroud met Charles Brandon, 1ste Hertog van Suffolk, sonder die toestemming van haar broer, Hendrik VIII. Hendrik het die paartjie eindelik vergewe nadat hulle ’n groot boete betaal het.
Maria Tudor | |
---|---|
Hertogin van Suffolk | |
Gebore | 18 Maart 1496 Londen, Engeland |
Oorlede | 25 Junie 1533 (op 37) Westhorpe, Suffolk, Engeland |
Eggenoot | Lodewyk XII van Frankryk Charles Brandon, 1ste Hertog van Suffolk |
Kinders | Henry Brandon Frances Grey, Hertogin van Suffolk Eleanor Brandon, Gravin van Cumberland Henry Brandon, 1ste Graaf van Lincoln |
Huis | Tudor |
Vader | Hendrik VII van Engeland |
Moeder | Elizabeth van York |
Godsdiens | Rooms-Katoliek |
Uit Maria se tweede huwelik is vier kinders gebore, onder andere Frances, die ma van lady Jane Grey. Lady Jane was in Julie 1553 nege dae lank die de facto-koningin van Engeland.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.