Matilda Hanekom
(Aangestuur vanaf Mathilda Hanekom)
Mathilda Hanekom (Prins Albert, 9 Desember 1899 – Pretoria, 6 Januarie 1977) was ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel. Sy was getroud met Hendrik Hanekom en hulle het ’n dogter, Tilana Hanekom, gehad.
Matilda Hanekom | |
Matilda Hanekom, soos sy verskyn het in Onskuldig Veroordeel
| |
Geboortenaam | Mathilda de Beer |
---|---|
Geboorte | 9 Desember 1999 Prins Albert |
Sterfte | 6 Januarie 1977 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
In 1925 het sy en Hendrik Die Afrikaanse Toneelspelers, ’n Afrikaanse toneelgeselskap wat 27 jaar bestaan en die land vol getoer het, gestig. Van die stukke wat hulle opgevoer het, was Oom Gawerjal, Liefde en Geldsug, Hans die Skipper, Oom Paul, Oorskotjie, Onskuldig Veroordeel, Generaal De Wet en Die Stille Haard.
In 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hulle gesamentlik toegeken.[1] Ná Hendrik se dood in 1952 het Mathilda voortgegaan met toneelspel.
Verwysings
wysig- ↑ Hanekoms vandag nog onthou, Die Burger, 24 Januarie 2002