Matopos
Die Matopos is reeks granietheuwels naby Bulawayo, Zimbabwe. Die reeks is omtrent 80 km lank en 40 km breed. Die hoogste punt is 1549 m bokant seevlak. Cecil John Rhodes is in 1902 begrawe by Worlds View in die Matopos. Die Matabeles het die heuwels as heilig beskou en dit as vesting gebruik.
Matoposheuwels* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Sonsopkoms in die Matopos Nasionale Park | |
Ligging van die Matopos Nasionale Park in Zimbabwe | |
Koördinate: 20°33′00″S 28°30′29″O / 20.55000°S 28.50806°O | |
Lande | Zimbabwe |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii, v, vi |
Verwysings | 306 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2003 (27ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Matoposheuwels is in 2003 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Bron
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Green, Beth: The Matopos - Impressive Intriguing. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 16, nr. 2, Desember 1966
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Matopos.
- (en) Toerisme-inligting oor Matopos op Wikivoyage