Messier 21
Messier 21 of M21 (ook bekend as NGC 6531) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 5 Junie 1764 deur Charles Messier ontdek wat dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het.
Messier 21 | |
---|---|
Soort | Oop sterreswerm |
Sterrebeeld | Boogskutter |
Regte klimming | 18h 04,6m |
Deklinasie | -22º 30' |
Afstand | 4 250 ligjare (1 300 parsek) |
Skynbare magnitude | 6,5 mag |
Skynbare grootte (v) | 13′.0 |
Ander name | NGC 6531 |
M21 is ’n relatief jong sterreswerm van net sowat 4,6 miljoen jaar. Dit is ’n digte swerm, maar bevat sowat 57 sterre. Die meeste is klein en dof, maar ’n paar blou reuse is geëien. Dit is nie met die blote oog sigbaar nie, maar wel op ’n donker nag met ’n verkyker.
Eksterne skakels
wysig- Messier 21, SEDS: Messier 21
- Messier 21 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia