Michael Ondaatje
Philip Michael Ondaatje (gebore 12 September 1943) is 'n Kanadese skrywer van romans en gedigte. Hy is in Ceylon (hedendaags Sri Lanka) gebore, het gedurende sy tienerjare in Engeland gebly, en het in 1962 homself permanent in Kanada gevestig.
Michael Ondaatje | |
---|---|
Gebore | Philip Michael Ondaatje 12 September 1943 |
Nasionaliteit | Kanada |
Alma mater | Bishop's Universiteit Universiteit van Toronto Queens's Universiteit |
Beroep | Romanskrywer en digter |
Bekend vir | The English Patient (1992) Anil's Ghost (2000) Divisadero (2007) |
Eggenoot | Linda Spalding |
Ondaatje se roman The English Patient het in 1992 die Booker-prys gewen. Dit is deur Anthony Minghella verwerk in 'n Oscar-bekroonde rolprent met Ralph Fiennes, Kristin Scott Thomas en Juliette Binoche in die hoofrolle.