Mius-rivier
Mius (Russies: Миус) is 'n rivier in Oos-Europa wat deur Oekraïne en Rusland vloei. Die rivier ontspring in die Donetsk-oblast in Oekraïne en vloei vervolgens deur die Loehansk-oblast, waarna dit die Russiese grens kruis en deur Rostof-oblast vloei. Dit mond uiteindelik in die Mius Firth van die See van Azof, wes van Taganrog uit. Dit is 258 km lank.
Mius | |
---|---|
Die Mius-rivier | |
Oorsprong | Donetsk-oblast (Oekraïne) |
Monding | Taganrog, Rusland, in die See van Azof |
Stroomgebied | Rusland, Oekraïne |
Lengte | 258 km |
Oorspronghoogte | 320 m |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 12,1 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 6 680 km² |
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Duitsers 'n swaar versterkte lyn, bekend as die Miusfront of Mius-Front, geskep waarlangs hewige gevegte tydens die Slag van Rostof (1943) plaasgevind het.