Modjadjibroodboom
Die Modjadjibroodboom (Encephalartos transvenosus) is 'n broodboom wat op die berghellings bo die hoofkraal van die reënkoningin, Modjadji, oos van Duiwelskloof, en in die Soutpansberg, Limpopo, voorkom. Die boom kan tot 13 m hoog word en is een van die grootstes ter wêreld en ook die bekendste in Suider-Afrika.
Modjadjibroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. transvenosus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos transvenosus Stapf & Burtt-Davy, (1926)
|
Die broodboom word goed beskerm deur die generasies reënkoninginne wat bygedra het tot die broodboomwoud. Die boom se FSA-nommer is 13.[1]
Sien ook
Verwysings
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online