Modjadjiskloof
Modjadjiskloof (tot 2004 bekend as Duiwelskloof) is 'n klein dorp in die ooste van die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, 24 km noord van die groot dorp Tzaneen.
Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof) | |
---|---|
Koördinate: 23°42′S 30°8′O / 23.700°S 30.133°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Mopani |
Munisipaliteit | Groter Letaba |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,99 km2 (1,15 vk. myl) |
Hoogte | 875 m (2 871 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 815 |
• Digtheid | 607/km2 (1 570/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 47.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.8% |
• Bruin mense | 0.5% |
• Swart mense | 47.4% |
• Ander | 1.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 43.7% |
• Noord-Sotho | 23.3% |
• Engels | 12.3% |
• Tsonga | 9.7% |
• Ander | 11.0% |
Poskode (strate) | 0835 |
Poskode (posbusse) | 0835 |
Skakelkode | 015 |
Geskiedenis
wysigDie dorp het ontwikkel rondom die spoorweghalte nadat die spoorlyn tussen Tzaneen en Soekmekaar die dorp in 1914 bereik het. Die dorp is in 1919 opgemeet en in 1920 geproklameer. Die naam Duiwelskloof is waarskynlik afkomstig van die togryers wat deur die reënseisoen hier moes deursukkel wanneer die grond soos 'n moeras geword het. Die naam Duivelskloof was ook algemeen gebruik.
Die huidige naam van die dorp vereer koningin Modjadji of die Reënkoningin, die oorerflike heerser van die Balobedu-stam van die gebied.
Omgewing
wysigDie Westfalia-landgoed van wyle dr. Hans Merensky, is sowat 5 km suid van die dorp.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Modjadjiskloof". Sensus 2011.
Bronnelys
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.