Moraea fugax
plantspesie
Moraea fugax is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom van die Namakwaland, suidwaarts tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by Swellendam voor. Die plant blom van Augustus tot November en word 12-80 cm hoog met vertakte stammetjies. Die blomme kan wit, blou of geel wees, ruik skerp enword op 'n kompakte bloeiwyse gedra. Daar open gewoonlik net een blom op 'n slag.
Soetuintjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. fugax
|
Binomiale naam | |
Moraea fugax (D.Delaroche) Jacq., (1776)
| |
Sinonieme | |
|
Dit staan ook as die Hottentotsuintjie of soetuintjie bekend.
Galery
wysigBronne
wysig- SANBI Redlist
- Plants of the World Online
- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 106, ISBN 978 1 77584 590 4
- Le Roux, A.; Schelpe, E. Veldblomgids van Suid-Afrika, Kaapse Departement Natuur- en Omgewingsbewaring, 1983, bl. 44.