Moraea incurva
plantspesie
Moraea incurva is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Tulbagh voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 130 km² en daar is vyf subpopulasies in die boonste hellings van die Groot Winterhoekberge. Die totale populasie bestaan uit minder as 1000 plante. Plante op die laer hellings word bedreig deur die aanplant van wingerde.
Moraea incurva | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. incurva
|
Binomiale naam | |
Moraea incurva G.J.Lewis, (1933)
|