Moraea intermedia
plantspesie
Moraea intermedia is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel is van die Namakwalandstruikveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in Namakwaland, wes van Springbok voor. Daar is een subpopulasie van minder as 250 plante en dit word bedreig deur oorbeweiding.
Moraea intermedia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. intermedia
|
Binomiale naam | |
Moraea intermedia Goldblatt & J.C.Manning, (2010)
|